Back

ⓘ Organisasies



                                               

Trove

Trove is ’n Australiese aanlyn biblioteekdatabasisdiens wat volle teksdokumente, digitale fotos en bibliografiese data insluit van items wat nie digitaal beskikbaar is nie. Dit het ook ’n gratis soekenjin. Die databasis sluit in argiewe, beelde, koerante, amptelike dokumente, geargiveerde webtuistes, manuskripte en ander soorte data. Dit word onderhou deur die Nasionale Biblioteek van Australie in vennootskap met inhoudverskaffers. Dit is een van die mees gerespekteerde inligtingsdienste in Australie, met meer as 70 000 daaglikse gebruikers. Die eerste weergawe van Trove is laat in 2009 vi ...

                                               

CiNii

CiNii is ’n bibliografiese databasisdiens vir materiaal in Japannese akademiese biblioteke, veral werk in Japannees en Engels wat in Japan gepubliseer is. Die databasis is in April 2005 gestig en word onderhou deur die Nasionale Inligtingsinstituut. Die diens soek in die databasisse van die elektroniese biblioteekdiens NII self en in die Aanhalingsdatabasis vir Japannese Publikasies CJP", sowel as ander biblioteke en organisasies. Die databasis bevat meer as 15 miljoen artikels uit meer as 3 600 publikasies.

                                               

Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne is n internasionale organisasie wat hom toewy aan die bewaring van natuurlike hulpbronne. Dit is in 1948 gestig, en die hoofkwartier is in die Meer van Genève-gebied in Gland, Switserland. Die IUBN verteenwoordig 83 state, 108 regeringsorganisasies, 766 nie-regeringsorganisasies en 81 internasionale organisasies en betrek byna 10 000 kenners en wetenskaplikes van lande dwarsoor die wêreld.

                                               

Organisasie sonder winsoogmerk

n Organisasie sonder winsoogmerk is n organisasie wat nie die wins daarvan onder aandeelhouers of eienaars verdeel nie, maar dit aanwend ter bereiking van die doel van die organisasie. Voorbeelde van OSWs sluit in liefdadigheidsorganisasies, vakbonde, en publieke artistiese organisasies. n Organisasie sonder winsoogmerk kan ook ingevolge ander wetgewing in die lewe geroep word, of kan selfs as klubs deur onderlinge ooreenkoms tot stand kom. Die meeste regerings en regeringsagentskappe voldoen aan die definisie van n organisasie sonder winsoogmerk, maar hulle word dikwels nie as tipiese org ...

                                               

.ba

.ba is die agtervoegsel van domeinname in Bosnie-Herzegowina. .ba-domeinname word deur die universiteit Telinformatic Centre uitgegee, wat aanspreeklik is vir die topvlakdomein ba. Die volgende tweedevlak domeine word gebruik: .net.ba: telekommunikasiemaatskappye; .edu.ba: onderwys; .gov.ba: regeringsinstansies; .unsa.ba: Universiteit van Sarajevo; .unbi.ba: Universiteit van Bihać; .mil.ba: lêer; .org.ba: nie-winsgewende organisasies; .rs.ba word deur SARnet Centar Akademiese en Ondersoeksentrum van die Serviese Republiek te Banja Luka beheer. Persone in die Serviese Republiek kan gratis d ...

                                               

Gemeenskapsorganisasie

Gemeenskapsorganisasie dek n verskeidenheid aktiwiteite op gemeenskapsvlak wat daarop gerig is om verbeterings in die maatskaplike welsyn van individue, groepe en woonbuurte aan te bring. Dit word dikwels as sinoniem vir gemeenskapswerk, gemeenskapsontwikkeling en gemeenskapsmobilisasie gebruik. Dit kan óf gemeenskapsgebaseerde organisasies verteenwoordig wat as niewinsgewende burgerlike samelewingsorganisasies dien, óf n organiseringsfunksie binne gemeenskappe soos gedefinieer deur geografiese ligging, gedeelde werkspasie en/of gedeelde ervarings of bekommernisse. Gemeenskapsorganisasie i ...

                                               

Gildes

Gildes was beroepsorganisasies wat in die Middeleeue kenmerkend was vir die gemeenskapslewe van Wes-Europese stede en wat vername sosiaal-ekonomiese funksies vervul het. Gildes het rondom die 11e eeu uit die destydse broederskappe van stroop- en krygsbendes, monnike en rondreisende koopmanne ontstaan. Die religieuse grondslag van die broederskappe het deur die eeue by gildes bly voortbestaan. Die eerste gildes was handelsgildes. Later het die verskillende ambagte hul eie gildes gevorm, wat gewoonlik uit leerjongens, vakmanne of dagloners en meesters bestaan het. Die gildebestuur het uit ve ...

                                               

Memorable Order of Tin Hats

Die Memorable Order of Tin Hats of is n genootskap van oud-gediendes. Hierdie organisasie het as doel die herdenking van die deelname van Suid-Afrikaanse soldate aan oorloe en veral spesifieke veldslae, die eerbetoon aan gesneuwelde makkers, die bemoediging en bystand van oud-soldate en hul naasbestaandes wat finansiele of fisiese probleme ervaar en die sosiale verkeer van oud-soldate. Teenswoordig is M.O.T.H. veral bekend om die vlagseremonie, kranslegging en parade rondom Wapenstilstandsdag, 11 November. Lidmaatskap is oop vir alle manne en vroue van alle range wat namens Suid-Afrika in ...

                                               

Nieregeringsorganisasie

n Nieregeringssorganisasie is n organisasie wat nie deel van n regering of n konvensionele winsgewende besigheid is nie. NROs word gewoonlik deur gewone landsburgers begin en kan deur regerings, stigtings, skole, besighede of mense in hulle privaat hoedanigheid befonds word. Sommige vermy formele befondsing heeltemal en word hoofsaaklik deur vrywilligers bestuur. NROs is hoogs diverse groepe organisasies wat betrokke is by n wye verskeidenheid van aktiwiteite, en neem verskillende vorms in verskillende dele van die wêreld aan. Sommige kan liefdadigheidstatus hê, terwyl ander geregistreer k ...

                                               

Sons of England

Die Sons of England Patriotic and Benevolent Society is n kultuur- en liefdadigheidsorganisasie met die doel om die Engelse kulturele waardes in Suid-Afrika te versterk.

                                               

SNAC

Social Networks and Archival Context is ’n aanlyn projek vir die ontdekking, opsporing en gebruik van historiese rekords oor mense, families en organisasies. Dit is in 2010 deur verskeie Amerikaanse instellings gestig.

.aq
                                               

.aq

.aq is die agtervoegsel van domeinname in Antarktika. .aq-domeinname is bedoel vir organisasies wat in Antarktika werk of wat die vasteland bevorder. Die domein word deur Peter Mott van Mott & Associates in Auckland, Nieu-Seeland beheer.

.cr
                                               

.cr

sa.cr: Gesondheidsverwante instellings ac.cr: Akademiese instellings: universiteite go.cr: Regering fi.cr: Finansiele instellings soos banke co.cr: Maatskappye ed.cr: Onderwys or.cr: Organisasies sonder winsoogmerk

                                               

.ck

.ck is die agtervoegsel van domeinname van die Cookeilande. Domeine kan in die volgende kategoriee geregistreer word: .gov.ck: regeringsinstellings .edu.ck: onderwysinstellings .co.ck: maatskappye .org.ck: organisasies sonder winsoogmerk .info.ck: informatiewe bladsye oor die Cookeilande .gen.ck .net.ck: Internet-diensverskaffers .biz.ck: besigheidsbladsye

                                               

.gg

.gg is die agtervoegsel van domeine vir webtuistes in die kanaaleiland Guernsey. Domeine op die tweede vlak: .gov.gg - administrasie van Guernsey, Alderney en Sark .co.gg - kommersiele en persoonlike domeine .org.gg - organisasies .sch.gg - skole .net.gg - Internet diensverskaffers en kommersiele gebruik .ac.gg - uitsluitend vir akademiese instellings van Guernsey Hierdie domeine kan regstreeks geregistreer word.

.at
                                               

.at

.at is die topvlakdomein vir Oostenryk. Dit word deur NIC.AT onderhou. Die.at-domein het verskeie tweedevlak-domeine, soos: .gv.at Vir regeringsinstellings .or.at Vir organisasies .co.at Vir besighede .ac.at Vir akademiese of onderwysinstellings word deur die Universiteit van Wene onderhou Die.at-domein is baie aantreklik vir "domainhacks", aangesien baie Engelse woorde met -at eindig en enige persoon so n domein kan registreer. n Voorbeeld hiervan is bo.at.

                                               

INaturalist

iNaturalist is ’n projek en aanlyn sosiale netwerk van naturaliste, wetenskaplikes en bioloe wat waarnemings van biodiversiteit oor die wêreld heen karteer en deel. Dit verskaf nuttige inligting aan ’n verskeidenheid navorsingsprojekte, museums, botaniese tuine, parke en ander organisasies. Gebruikers van iNaturalist het al meer as agt miljoen waarnemings bygedra sedert dit in 2008 gestig is.

                                               

Lobby for Cyprus

Lobby for Cyprus is n nie-party-politieke menseregte NGO wat gebaseer in Londen in die Verenigde Koninkryk. Lobby vir Ciprus veldtog vir die hereniging van Siprus en vir die menseregte van die burgers van Siprus.

                                               

Studenteraad

n Studenteraad is n verkose vergadering van studente aan n universiteit of ander tersiêre instelling. n Studenteraad verteenwoordig die belange van die studentegemeenskap en lê dit voor aan die universiteit se bestuur. Hulle verteenwoordig ook die instansie by nasionale en internasionale studenteliggame. Studente kies gewoonlik n voorsitter, ondervoorsitter en ampsdraers uit eie geledere. Naas die pligte wat aan die studenteraad opgelê word, word sekere voorregte ook aan lede toegeken.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →