Back

ⓘ Besigheidsproses



                                     

ⓘ Besigheidsproses

n Besigheidsproses is n stel aktiwiteite wat saamwerk om bepaalde uitsette af te lewer, wat een of ander waarde toevoeg vir n onderneming. Die uitset word soms verkry deurdat insette getransformeer of vervoer word deur die stel aktiwiteite. Beheermaatreels word ingestel wat verseker dat daar die nodige kontrole is om te verseker dat n besigheidsproses konsekwente uitsette lewer. Beheermaatreels bestaan onder andere uit beleid, besigheidsbeginsels, riglyne en besigheidsreels. Meganismes, is die komponente wat aangewend word ten einde die besigheisdsproses tot uitvoer te bring en verwys na hulpbronne soos mense, toerusting, masjinerie, tegnologie, voertuie ens.

Besigheidsprosesse kan op verskeie maniere geklassifiseer word:

  • Logistieke prosesse wat se primêre waardetoevoeging is om die materiaal, goedere of mense van een geografiese punt na n ander te vervoer
  • Vertragingsprosesse wat geen waarde toevoeging byvoeg nie, maar wat materiaal of goedere bewaar in n bepaalde statiese kondisie totdat tyd gereed is om die materiaal of goedere te gebruik.
  • Moniteringsprosesse wat die uitsette van n besigheidsproses meet en terugvoer verskaf sodat aanpassings gedoen kan word binne die proses of in n proses wat insette verskaf aan die proses.
  • Kernprosesse wat direk waarde toevoeg tot n waardekanaal wat n klient van die waardekanaal bedien.
  • Bestuursprosesse wat beheer en kontrole verskaf aan die kernprosesses sodat die kernprosesse gekoödineerd en volgens bepaalde beginsels en besigheidsreels funksioneer.
  • Ondersteuningsprosesse wat die kernprosesse ondersteun deur hulpbronne te verskaf wat die kernproses tot uitvoering kan bring.
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →