Back

ⓘ Lugkoördinaatstelsel



Lugkoördinaatstelsel
                                     

ⓘ Lugkoördinaatstelsel

’n Lugkoördinaatstelsel of astronomiese koördinaatstelsel is ’n koördinaatstelsel wat in die sterrekunde gebruik word om die posisie van hemelliggame aan te dui.

Verskeie stelsels kan gebruik word:

  • die ekliptiese koördinaatstelsel ten opsigte van die sonnebaan
  • die horisontale koördinaatstelsel vanaf die waarnemer
  • die ekwatoriale koördinaatstelsel ten opsigte van die hemelewenaar
  • die galaktiese koördinaatstelsel ten opsigte van die vlak van die Melkweg
                                     

1. Ekwatoriale koördinaatstelsel

Die ekwatoriale koördinaatstelsel is ten opsigte van die vlak van die ewenaar. Dit stem ooreen met die geografiese koördinaatstelsel van lengte- en breedtegrade.

Om die posisie van ’n hemelliggaam aan te dui, word gebruik gemaak van die deklinasie dek. en regte klimming RK. Die deklinasie dui die voorwerp se posisie aan noord + of suid - van die hemelewenaar en die regte klimming die posisie oos van die lentepunt of nulpunt.

Die eenhede wat vir deklinasie gebruik word, is meestal grade °, minute of boogminute en sekondes of boogsekondes ", en die eenhede vir regte klimming is uur h, minute m en sekondes s, met 24 h gelyk aan ’n volle sirkel.

                                     

2. Ekliptiese koördinaatstelsel

Die ekliptiese koördinaatstelsel is ten opsigte van die ekliptiese vlak. Die koördinate van ’n hemelliggaam bestaan hier uit die ekliptiese breedte β en lengte λ. Die lengte word uitgedruk ten opsigte van die lentepunt punt Aries in die rigting van die skynbare jaarlikse beweging. Deur die presessie van die nageweninge skuif die lentepunt 30 grade per 2 148 jaar op en daarom is Aries tans nie meer in die sterrebeeld Ram Aries nie, maar in die Visse Pisces.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →