Back

ⓘ BCVO



BCVO
                                     

ⓘ BCVO

Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys is ’n onderwysinstelling in Suid-Afrika wat primêre en sekondêre onderwys in Afrikaans en die Calvinistiese tradisie bied. Daar is tans 40 geaffilieerde skole in Suid-Afrika - hoofsaaklik in die Vrystaat en voormalige Transvaal - met ongeveer 2100 kinders wat by die verskeie skole hul opvoeding ontvang.

Die aanbieding voldoen aan die staatskurrikulumvereistes, maar gebruik tot n mate eie leermateriaal wat poog om christelike en volkseie Afrikanergerigte uitgangspunte te handhaaf. Die Independent Examination Board IEB se Afrikaanstalige matriekeksamen die hoogste skooleksamen in Suid-Afrika staan as "matriek" bekend word gebruik sodat CVO-leerlinge dieselfde Umalusi-sertifikaat as staatskoolleerlinge ontvang, maar met n bykomende sertifisering dat dit op die IEB-standaard afgelê is.

Die BCVO dien as skakelliggaam waardeur CVO-skole saam sport- en kulturele geleenthede aanbied om die akademiese aanbieding aan te vul. Van die CVO-skole is al meer as twee dekades in bedryf, en n tweede geslag kinders van oud-CVO-skoolleerlinge begin in CVO-skole inkom.

CVO-skole is ouerskole wat in nie-winsgedrewe verenigings of maatskappystrukture bedryf word. Die skole word gekenmerk deur n taamlik hoe gemiddelde ouderdom van personeel wat teen verminderde vergoeding kan werk, n noodsaak vir entoesiastiese ouers wat besture vorm en dikwels hard werk om skole op te bou en n bereidheid om kinders te laat skoolgaan met minder fasiliteite as staatskole, maar meer beheer en inspraak van ouers in leermateriaal en die ingesteldheid van die skool. Die skole het meestal kleiner klasse as staatskole en beter gekapitaliseerde privaatskole wat die voordelige geleentheid gee vir meer individueel-gerigte onderwys.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →