Back

ⓘ Ekonomie van Namibië



Ekonomie van Namibië
                                     

ⓘ Ekonomie van Namibië

Die ekonomie van Namibie is sterk afhanklik van die ontginning en verwerking van minerale vir uitvoer, en mynwese maak 20% uit van die BBP. Ryk alluviale diamantneerslae maak van Namibie n primêre verskaffer van edelsteen-kwaliteit-diamante. Namibie is die vierde-grootste uitvoerder van nie-brandstofminerale in Afrika, die wêreld se vyfde-grootste vervaardiger van uraan, en die vervaardiger van groot hoeveelhede lood, sink, tin, silwer en tungsten. Die mynwese-sektor verskaf werk aan sowat drie persent van die bevolking, terwyl omtrent die helfte van die bevolking van selfversorgende landbou afhanklik is vir hulle voortbestaan. Namibie voer sowat 50 persent van sy graangewasbehoeftes in; in droogtejare is voedseltekorte n groot probleem in landelike gebiede.

n Hoe per-capita BBP, in vergeleke met die naburige lande, verdoesel die groot ongelykhede in inkomsteverspreiding; naastenby een derde van die bevolking het n jaarlikse inkome van minder as $1400 in 1994-dollars, volgens n 1993-studie. Die Namibiese ekonomie is intrinsiek aan dié van Suid-Afrika gekoppel, met die Namibiese dollar vasgepen aan die Suid-Afrikaanse rand. Privatisering van verskeie ondernemings in die komende jare mag langtermyn buitelandse belegging stimuleer.

Die Namibiese ekonomie het n moderne marksektor, wat meeste van die land se rykdom produseer, asook n tradisionele selfversorgingsektor. Alhoewel die meerderheid van die bevolking van selfversorgende kudde- en landbou afhanklik is, het Namibie meer as 200 000 vakarbeiders, asook n klein, goed-opgeleide professionele en bestuursklas.

Die land se gevorderde formele ekonomie is gebaseer op kapitaal-intensiewe nywerheid en boerdery. Daarteenoor is Namibie se ekonomie baie afhanklik van inkomste gegenereer deur die uitvoer van primêre goedere in n paar onontbeerlike sektore, insluitend minerale, vee en vis. Verder bly die Namibiese ekonomie regstreeks geïntegreer met dié van Suid-Afrika, omdat dit die bron is van die meerderheid van Namibie se invoerprodukte.

Vanaf onafhanklikheid het die Namibiese Regering vryemark ekonomiese beginsels nagestreef, wat ontwerp is om kommersiele ontwikkeling en werkskepping tewee te bring om benadeelde Namibiers in die ekonomiese hoofstroom te bring. Om hierdie doel te bereik het die regering aktief na skenkersbystand en buitelandse belegging gesoek. Die liberale Buitelandse Beleggingswet van 1990 laat vryheid toe in terme van nasionalisering, remittering van kapitaal en winse, valuta-omsetting en n proses vir die regverdige beslegting van geskille. Namibie is ook besig om die sensitiewe kwessie van landelike grondhervorming in n pragmatiese manier te benader.

In September 1993 het Namibie sy eie geldeenheid bekend gestel, die Namibiese dollar. Daar was grootlikse aanvaarding van die nuwe geldeenheid dwarsdeur die land en, alhoewel Namibie deel bly van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied, geniet dit nou veel meer buigsaamheid in terme van monetêre beleid.

Gegewe sy klein binnelandse mark maar goeie ligging en uitstekende vervoer- en kommunikasiebasis, is Namibie n voorstander vir ekonomiese integrasie van die streek. Behalwe vir sy lidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG behoort Namibie ook tot die Suider-Afrikaanse Doeane-unie SADU tesame met Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en eSwatini. Binne die SACU word geen tariewe gehef op goedere wat vervaardig word in en beweeg tussen lede nie.

90 persent van Namibie se invoere kom vanaf Suid-Afrika, en baie Namibiese uitvoere is bestem vir die Suid-Afrikaanse mark of word deur die land vervoer. Hierdie uitvoere bestaan hoofsaaklik uit diamante en ander minerale, visprodukte, bees- en ander vleisprodukte, karakoel-skaapvelle en ligte vervaardigings. In onlangse jare het Namibie omtrent vyf persent van die totale SACU-uitvoere uitgemaak, en n effens hoer persentasie invoere.

Namibie is besig om sy handelsooreenkomste te diversifiseer weg van sy swaar afhanklikheid op Suid-Afrikaanse goedere en dienste. Europa het n leidende mark vir Namibiese vis en vleis geword, terwyl myne in Namibie swaar toerusting vanaf Duitsland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State en Kanada aangekoop het. Die Namibiese regering poog ook om voordeel te trek uit die Amerikaans-geleide African Growth and Opportunity Act AGOA, wat voordeliger toegang tot Amerikaanse markte sal bring vir n lang lys produkte. In die korttermyn sal Namibie heel moontlik groei in die kledingsbedryf beleef as n resultaat van AGOA.

In 1993 het Namibie n GATT-ondertekenaar geword, en die Minister van Handel en Industrie het Namibie verteenwoordig in Marrakesh by die ondertekening van die Uruguay Round Agreement in April 1994. Namibie is verder ook n lid van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, en het toegetree tot die Europese Unie se Lomé Konvensie.

                                     

1. Ekonomiese ontwikkeling

Middeltermyn-vooruitskattings voorspel dat die Namibiese ekonomie se stabiele groeikoers van vier tot vyf persent sal aanhou. Groot potensiaal bestaan op die relatief klein binnemark vir die uitbou van die vervoernetwerk asook water- en energievoorsiening. Vir n sonryke land soos Namibie is kragopwekking deur middel van fotovoltaïese stelsels n gangbare alternatief. Nóg n dryfkrag agter Namibie se verwagte hoe groeisyfer is die mynboubedryf wat sy produksievlakke merkbaar sal kan opstoot. Namibie beskik oor groot reserwes van natuurlike diamante, uraan, kopererts, goud, sink en lood.

Danksy die sterk groei van mynboubedrywighede sal ook die boubedryf enkele jare lank floreer. In 2013 was vir die eerste keer in die Namibiese geskiedenis drie groot projekte tegelykertyd in aanbou – die Husab-uraanmyn, die Tschudi-kopermyn en die Otjikoto-goudmyn. Die Chinese onderneming China General Nuclear Power Company CGNPC sal sowat VSA-$2.2 miljard in die Husab-mynbouprojek naby Swakopmund in die Erongo-streek belê – n bedrag wat gelykstaan aan 19 persent van Namibie se binnelandse produk in 2013. n Groot aantal projekte in verband met uraanontginning word beplan, alhoewel hul verwesenliking afhanklik sal wees van die ontwikkeling van uraanpryse op die wêreldmark wat sedert die Fukushima-kernramp in Japan n sterk afwaartse neiging getoon het.

Die Namibiese regering heg groot waarde aan die diversifisering van die ekonomie. So word beplan om van die land n logistiese en vervoerspilpunt vir die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG met meer as 290 miljoen inwoners te maak. Die seehawe in Walvisbaai sal vaartye vir uitvoere na Europa en Amerika verkort.

Volgens die Bank van Namibie word tot 2020 infrastruktuurprojekte ter waarde van €15.6 miljard beplan, waarvan 55 persent in die vervoersektor. Die regering in Windhoek bevorder daarnaas die uitbreiding van nywerheidsektore soos voedselverwerking en die vervaardiging van boumateriale. Saam met die verwagte groei in die boubedryf sal hierdie soort projekte help om die land se hoe werkloosheid van 30 persent te verlig.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →