Back

ⓘ Staatspresident van Suid-Afrika



                                               

Lys van administrateurs van voormalige Suid-Afrikaanse provinsies

Hierdie artikel gee n lys van die administrateurs van voormalige Suid-Afrikaanse provinsies. Dit omvat die tydperk van 1910 tot 1994, toe Suid-Afrika in vier provinsies verdeel is, naamlik: Kaapprovinsie, Natal, Oranje-Vrystaat en Transvaal. Voor die provinsies tot stand gekom het, is die gebied verdeel in vier Britse kolonies: Kaapkolonie, Natalkolonie, Oranjerivierkolonie en Transvaalkolonie. Die provinsies is tot stand gebring as gevolg van die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910, en is afgeskaf nadat die Republiek van Suid-Afrika gestig in 1961 die eerste algemene verkiesing ...

Staatspresident van Suid-Afrika
                                     

ⓘ Staatspresident van Suid-Afrika

Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-generaal van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.

                                     

1. Seremoniele pos

Die Republiek van Suid-Afrika is uitgeroep op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, is beedig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident n ampsserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniele pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan n minimalistiese benadering gevolg as n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-generaal voor hulle was alle staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.

                                     

2. Uitvoerende pos

Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.

                                     

3. Einde van blanke minderheidsregering

Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, wat in 1994 aanvaar is, staan die staatshoof en regeringshoof eenvoudig bekend as die president. Die eerste sodanige president, Nelson Mandela, destyds leier van die ANC, is as die land se president beedig op 11 Mei 1994.

                                     

4. Sien ook

  • Speaker van die Nasionale Vergadering
  • President van Suid-Afrika
  • Eerste Minister van Suid-Afrika
  • Lys van Suid-Afrikaanse staatshoofde
  • Goewerneur-generaal van Suid-Afrika
  • Adjunkpresident van Suid-Afrika
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →