Back

ⓘ Gini-koëffisiënt



Gini-koëffisiënt
                                     

ⓘ Gini-koëffisiënt

Die Gini-koeffisient is n mate van statistiese verspreiding wat deur die Italiaanse statistikus Corrado Gini ontwikkel is en in 1912 in sy werk Varieerbaarheid en Muteerbaarheid gepubliseer is. Dit word gewoonlik aangewend as n mate van ongelykheid van inkomste of rykdom. Dit het egter ook toepassings in die studie van ongelykhede in sulke diverse velde as gesondheidswetenskappe, ekologie, en chemie.

                                     

1. Definisie

Die Gini-koeffisient word gewoonlik gedefinieer as wiskundig gegrond op die Lorenz-kurwe, wat die proporsie van die totale inkomste van die bevolking op die y-as skets wat kummulatief deur die onderste x% van die bevolking verdien word kyk die diagram hiernaas. Die lyn by 45° verteenwoordig dus volkome gelykheid van inkomstes. Die Gini-koeffisient kan dan so aan gedink word as die verhouding van die oppervlakte wat tussen die lyn van gelykheid en die Lorenz-kurwe lê gemerk "A" in die diagram teenoor die totale oppervlakte onder die lyn van gelykheid gemerk "A" en "B" in die diagram; dit wil sê G = A / A + B {\displaystyle G=A/A+B}.

Die Gini-koeffisient lê tussen 0 en 1. Wanneer dit met 100 vermenigvuldig word, lê dit tussen 0 en 100 en word van n Gini-indeks gepraat. n Lae Gini-koeffisient dui n egale verspreiding van inkomste aan, met n 0-koeffisient wat met volkome gelykheid ooreenstem. Hoer Gini-koeffisiente dui meer onegale verspreidings aan, met n 1-koeffisient wat volkome ongelykheid verteenwoordig. Om geldig te bereken, kan geen negatiewe goedere versprei word nie. Wanneer die Gini-koeffisient dus gebruik word om huishoudelike inkomste-ongelykheid te beskryf, kan geen huishouding n negatiewe inkomste hê nie. Wanneer dit as n mate van inkomste-ongelykheid aangewend word, is die ongelykste samelewing een waarin n enkele persoon 100% van die totale inkomste ontvang en die oorblywende mense niks ontvang nie G = 1. Die gelykste samelewing is een waarin elke persoon dieselfde persentasie van die totale inkomste ontvang G = 0.

Sommige mense vind dit ingeefliker om aan die Gini-koeffisient te dink as die helfte van die relatiewe gemiddelde verskil en dit is inderdaad wiskundig ekwivalent. Die gemiddelde verskil is die gemiddelde absolute verskil tussen twee items wat lukraak uit n bevolking gekies word, en die relatiewe gemiddelde verskil is die gemiddelde verskil gedeel deur die gemiddelde, om vir skaal te normaliseer.

Wêreldwyd strek Gini-koeffisiente vir inkomste van geassesseerde lande tussen ongeveer 0.25 vir Slowenie met ander woorde die gelykste verspreiding van inkomste ter wêreld en 0.60 vir Namibie die ongelykste samelewing ter wêreld in terme van inkomste per capita. As wiskundige mate van ongelykheid behels die Gini-koeffisient geen waarde-oordeel nie: dit spreek dus nie die kwessie van die regverdigheid van n spesifieke vlak van gelykheid aan nie.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →