Back

ⓘ Gratisekonomie



                                     

ⓘ Gratisekonomie

Die term gratisekonomie of geskenkekonomie verwys na n sakemodel wat lank reeds bestaan, maar eers saam met die internet merkbaar verbreed en verfyn is: aangesien verspreidingskoste in die digitale wêreld besig is om vinnig te daal, en die digitale wêreld deur Moore se wet oorheers word waarvolgens die bandwydte, die stoorkapasiteit en die snelheid van verwerkers elke agtien maande verdubbel, word die stoor en verveelvuldiging van digitale goedere steeds goedkoper - die grenskoste van digitale goedere het gevolglik n neiging om oneindig laag te word. Aanbieders kan sodoende teoreties oorweeg om hul dienste gratis beskikbaar te stel.

Die sakemodel van n moderne gratisekonomie berus egter nie daarop om alle goedere en dienste as geskenke aan te bied nie. Dit is eerder daarop gemik om die kernproduk gratis beskikbaar te stel, maar nogtans geld met komplementêre dienste en goedere te verdien. So verdien n internetmaatskappy soos Google genoeg geld met advertensies om sy soekenjins en ander dienste gratis aan te bied, kan telefoonmaatskappye hul selfone vir verbruikers gratis beskikbaar stel om later met telefoontariewe geld te verdien en vervaardigers van skeermesse hul produkte gratis versprei om later geld met hul lemmetjies te verdien.

Die sakemodel wat met n gratisekonomie verbind word, kan egter ook valse verwagtings koester - soos dié dat digitale goedere algemeen gratis beskikbaar sou wees. Talle kommersiele goedere word sodoende as roofkopiee vir ander gebruikers beskikbaar gestel.

                                     

1. Gratisekonomie en alternatiewe strukture

In Europa en Noord-Amerika het alternatiewe bewegings hul eie modelle van n gratisekonomie ontwikkel waar enige vorm van winsbejag of ruilhandel uitgeskakel word. Die idee is om goedere en dienste vir almal toeganklik te maak. So het in verskillende lande sogenaamde weggeewinkels ontstaan waar besoekers n bepaalde aantal artikels - donasies van ander besoekers - gratis kan kry.

                                     

2. Bronne

  • Geschenk kommt vor Geschäft. In: FAZ.net, 17 September 2009
  • Das Umsonst-Prinzip revolutioniert die Wirtschaft. In: www.wiwo.de, 24 Augustus 2009
  • Chris Anderson: Free. The Future of a Radical Price. New York: Hyperion 2009
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →