Back

ⓘ Tuinroete-distriksmunisipaliteit



Tuinroete-distriksmunisipaliteit
                                     

ⓘ Tuinroete-distriksmunisipaliteit

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit is een van die 5 distriksmunisipaliteite van die Wes-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in George. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC4.

                                     

1. Geografie

Buurdistrikte

  • Sentraal Karoo DC5 in die noorde
  • die Indiese oseaan in die suide
  • Kaapse Wynlande DC2 in die noordweste
  • Sarah Baartman DC10 in die ooste
  • Overberg DC3 in die suidweste

Plaaslike munisipaliteite

Die munisipaliteit bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite:

                                     

2. Wapens

Die distriksmunisipaliteit is in 2000 gestig deur die Klein Karoo- en Suid-Kaap-distriksrade saam te smelt. Alhoewel Tuinroete se raad nog nie n wapen aangeneem het nie, het albei sy voorgangers wapens gevoer.

Klein Karoo - Die wapen is in 1991 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, in die skildhoof swart hoekige tweelingbalke, daaroorheen n horing van oorvloed wat vrugte uitstort, alles van natuurlike kleur; die skild oortop met n muurkroon met drie uitkomende torings, alles silwer. Die skildhouers was twee volstruise, en die wapenspreuk "Servire populo".

Suid-Kaap - Hierdie raad het aanvanklik die wapen van een van sy voorgangers, die George-afdelingsraad, gebruik. Dit het in 1997 n nuwe wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Golwend deursnede van groen, en in die skildvoet golwend gedwarsbalk van vier stukke, silwer en blou, op die groen belaai met n silwer vyfpuntige ster tussen twee goue bye; n hoekige silwer skildhoof; die skild oortop met n muurkroon met drie uitkomende torings, alles goud. Die skildhouers was twee Knysaloeries, en die wapenspreuk "Spectemur agendo".

                                     

3. Politiek

Verkiesingsuitslae

Verkiesingsuitslae vir die munisipaliteit in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009.

  • Stempersentasie: 75.45% van die persentasie van die stemgeregtigdes
  • Bevolking 18 en ouer: 118 135
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →