Back

ⓘ Henryk Wieniawski



Henryk Wieniawski
                                     

ⓘ Henryk Wieniawski

Henryk Wieniawski - was n Poolse komponis van romantiese musiek.

Wieniawski is in Lublin Pole gebore. Hy is in Moskou Rusland oorlede.

                                     

1. Lewe

Henryk Wieniawski is gebore in Lublin, Pole. toe nog deel van die Russiese Ryk. Sy vader, Tobiasz Pietruszka Wolf Helman, was die seun van n Joodse haarkapper genaamd Herschel Meyer Helman uit die Joodse Lublin-woonbuurt Wieniawa. Destyds het haarkappers ook gepraktiseer as tandartse en geneeshere. Wolf Helman, ook bekend as Tobiasz Pietruszka, het sy naam verander na Tadeusz Wieniawski en sodoende die naam van sy woonbuurt aangeneem om beter te assimileer. Hy het egter voordat hy sy mediese graad verwerf het hom tot die Katolisisme bekeer. Hy is met Regina Wolff, die dogter van n bekende Joodse dokter uit Warskou, getroud, en uit hierdie huwelik is Henryk gebore.

Henryk se talent vir viool is reeds op n vroee ouderdom herken. Hy is in 1843 aanvaar deur die Paryse Konservatorium Conservatoire de Paris, waar n spesiale uitsondering gemaak is hom toe te laat, aangesien hy nie Frans was nie en boonop slegs nege jaar oud was. Hy het die Konservatorium van 1843 tot 1846 bygewoon en in 1849 weer vir n jaar teruggekeer. Na die gradeplegtigheid het hy uitgebreid getoer en baie opvoerings gegee, waartydens hy dikwels deur sy broer Józef Wieniawski voor die klavier begelei is. In 1847 publiseer hy sy eerste opus, n Grand Caprice Fantastique ; die begin van n katalogus wat uiteindelik sou beskik oor 24 opusnommers. Toe sy verlowing aan Isabella Hampton deur haar ouers teengestaan is, het Wieniawski sy Légende, Op. 17, geskryf; wat haar ouers oortuig en van mening laat verander het. Die paartjie is in 1860 getroud.

Wieniawski het op uitnodiging van Anton Rubinstein na St. Petersburg verhuis, waar hy van 1860 tot 1872 gewoon het, en talle studente onderrig het. Hy het ook aan die hoof gestaan van die orkes en strykkwartet van die Russiese musikale genootskap. Wieniawski het vanaf 1872 tot 1874 saam met Rubinstein in die Verenigde State getoer. Wieniawski het in 1875 vir Henri Vieuxtemps as vioolprofessor aan die Conservatoire Royal de Bruxelles vervang.

Tydens sy termyn in Brussel het Wieniawski se gesondheid agteruitgegaan en moes hy dikwels in die middel van sy konserte ophou speel. Hy het in 1879 met n toer deur Rusland begin, maar kon dit nie voltooi nie, en is na n konsert opgeneem deur n hospitaal in Odessa. Op 14 Februarie 1880 het Pjotr Tsjaikofski se beskermheer, Nadezhda von Meck, hom na haar huis geneem en hom van mediese behandeling voorsien. Sy vriende het ook n konsert vir sy voordeel gereel ten einde geld in te samel vir sy gesin. Hy het n paar weke later in Moskou aan n miokardiale infarksie beswyk. Hy is in die Powązki-begraafplaas in Warskou begrawe.

Sy dogter Régine Wieniawski, wat die jaar voor sy dood in Brussel gebore is, het ook n komponis geword. Sy het haar vroee werke gepubliseer onder die naam "Irène Wieniawska", maar nadat sy met Aubrey Dean Paul getroud is en n Britse onderdaan geword het, het sy gebruik gemaak van die skuilnaam "Poldowski". n Ander dogter, Henriette, het in 1904 met Joseph Holland Loring getrou, wat een van die slagoffers van die RMS Titanic-ramp was.

Wieniawski was n speler in die Beethoven Kwartet-genootskap in Londen, waar hy ook die altviool gespeel het.

                                     

2.1. Komposisies Gepubliseerde werke, met opusnommers

  • Grand Duo Polonaise vir Viool en Klavier, Op. 8
  • Légende, Op. 17
  • 2 Mazurkas de Salon, Sielanka et Piesn Polska Chanson polonaise, Op. 12
  • Romance sans Paroles et Rondo elegant, Op. 9
  • 2 Mazurkas caractéristiques, Obertass et Dudziarz Le Ménétrier, Op. 19 NB. No 2 is bekend as beide The Bagpipe Player
  • Grand Caprice Fantastique, Op. 1
  • Gigue in E mineur, Op. 23
  • Souvenir de Moscow, 2 Russiese Romanses, Op. 6 in die werk haal hy Alexander Egorovich Varlamov se lied The Red Sarafan aan
  • Fantasie Pastorale, Op. 13 Verlore
  • Polonaise de Concert No. 1, Op. 4 somtyds bekend as die Polonaise Brillante
  • LÉcole Moderne, 10 Études-Caprices vir Soloviool, Op. 10
  • Souvenir de Posen, Op. 3
  • Faust Fantasie Fantaisie Brillante sur Faust de Gounod, Op. 20
  • Capriccio-Valse, Op. 7
  • Vioolconcerto No. 1 in F# mineur, Op. 14
  • Vioolconcerto No. 2 in D mineur, Op. 22
  • Polonaise Brillante, Op. 21
  • Thème Original Varié, Op. 15
  • Le Carnaval Russe, Improvisasies en Variasies, Op. 11
  • Adagio Élégiaque, Op. 5
  • Fantasie Orientale, Op. 24
  • Scherzo-Tarantelle, Op. 16
  • 8 Études-Caprices vir 2 viole, Op. 18
  • Allegro de Sonate, Op. 2
                                     

2.2. Komposisies Ongepubliseerde werke, en werke sonder opusnommers

  • Kujawiak in C majeur
  • Vioolconcerto No. 3 in A mineur?
  • Variasies op die Russiese himne c. 1851
  • Duo Concertant na Temat Hymnu Rosyjskiego A. Lwowa c. 1850
  • Mazur Wiejski c. 1850
  • Herinneringe aan San Francisco c. 1874
  • Duet op temas uit Finse liedere c. 1851
  • Variasies op die Poolse volksliedjie "Jechał Kozak Zza Dunaju" c. 1851
  • Fantasie op temas uit André Grétry se opera Richard Coeur-de-lion c. 1851
  • Fantasie op temas uit Meyerbeer se Le prophète oc. 1850
  • Aria met Variasies in E majeur voor 1848
  • Rozumiem, pieśń na głos z fortepianem 1854
  • Duo Concertant na Temat Rosyjskiej Melodii Ludowej c. 1850
  • Rêverie in F # mineur vir altviool en klavier
  • Duo Concertant op temas uit Donizetti se Lucia di Lammermoor c. 1850
  • Polonaise Triomphale
  • Wariacje na Temat Własnego Mazurka c. 1847
  • Rondo Alla Polacca in E mineur 1848
  • Fantasie Variasies in E majeur 1848
  • Souvenir de Lublin, concert polka c. 1855
  • Twee Mazurkas 1851
  • Romanse c. 1848
  • Variasies op die Oostenrykse himne 1853
  • Fantasie op temas uit Bellini se La sonnambula c. 1855
  • Mars 1851
  • Kujawiak in A mineur 1853
  • Nocturne vir solo viool 1848
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →