Back

ⓘ Dividend



Dividend
                                     

ⓘ Dividend

Dividende is die vergoeding wat aandeelhouers ontvang vir die kapitaal wat hulle in n maatskappy belê het. Aandeelhouers het nie vanselfsprekend n aanspraak op die wins van n maatskappy nie; normaalweg stel n direksie n dividend voor wat op die algemene jaarvergadering deur die aandeelhouers goedgekeur moet word. Die aandeelhouers mag n kleiner dividend as wat die direksie aanbeveel het, voorstel en aanvaar - maar nie n groter dividend nie. Sodra die aandeelhouers die dividend goedgekeur het, word die dividend verklaar. Dit skep onmiddellik n verpligting vir die maatskappy. Dividende mag slegs uit wins wat vir verdelings beskikbaar is, verklaar word. Wanneer dividende verklaar word, moet die maatskappy se finansiele posisie in aanmerking geneem word om te verseker dat voldoende fondse beskikbaar is.

Sommige maatskappye verkies om n bykomende dividend gedurende die rekenpligtige tydperk te verklaar. Dit word tussentydse of interimdividende genoem. Die direksie van n maatskappy het normaalweg die reg om tussentydse dividende te verklaar en te betaal mits die finansiele posisie van die maatskappy dit regverdig. Die aandeelhouers keur die verklaring van tussentydse dividende op die algemene jaarvergadering amptelik goed. Wanneer die bedrag van die finale dividend ook einddividend of slotdividend genoem aan die einde van die rekenpligtige tydperk bepaal word, moet met die bedrag van die tussentydse dividend rekening gehou word omdat hierdie twee soorte dividende die totale dividend vir die jaar vorm.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →