Back

ⓘ Fantasie



Fantasie
                                     

ⓘ Fantasie

Fantasie in ’n sielkundige sin verwys na iets wat die teenoorgestelde is van realiteit. ’n Fantasie is ’n situasie wat deur ’n individu verbeel word om sekere begeertes uit te druk. Die situasies is dikwels hoogs onwaarskynlik; maar dit kan ook realisties wees. Fantasiee kan ook ’n seksuele aard hê.

’n Fantasie kan ook ’n dagdroom genoem word. In die alledaagse lewe dink mense dikwels aan iets wat hulle wens hulle kan doen of kon gedoen het, iets wat soms onmoontlik in die werklike lewe is. Dit kan ook ’n afweermeganisme wees om negatiewe emosies teen te werk of verveling te verdryf.

Fantaseer kan ook belangrik wees, want dit is ’n manier om te leer, of om te begryp hoe die wêreld in mekaar steek. Dit is dus vir baie mense ’n belangrike bron van inspirasie. Sommige navorsers meen fantasie kan ’n helende effek hê of dat mense wat die mees ontwikkelde fantasielewe het, dikwels dié is wat op die skeppendste manier daaraan kan uiting gee in kuns, letterkunde of meer tradisionele beroepe.

Te veel fantasiee kan iemand se alledaagse bestaan negatief beïnvloed. Buitensporige fantasiee kan ook ’n teken van narsisme wees.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →