Back

ⓘ Trove



                                     

ⓘ Trove

Trove is ’n Australiese aanlyn biblioteekdatabasisdiens wat volle teksdokumente, digitale fotos en bibliografiese data insluit van items wat nie digitaal beskikbaar is nie. Dit het ook ’n gratis soekenjin.

Die databasis sluit in argiewe, beelde, koerante, amptelike dokumente, geargiveerde webtuistes, manuskripte en ander soorte data. Dit word onderhou deur die Nasionale Biblioteek van Australie in vennootskap met inhoudverskaffers. Dit is een van die mees gerespekteerde inligtingsdienste in Australie, met meer as 70 000 daaglikse gebruikers.

Die eerste weergawe van Trove is laat in 2009 vir openbare gebruik beskikbaar gestel. Dit sluit inhoud in van biblioteke, museums, argiewe en ander organisasies met ’n fokus op Australie. Soektogte is moontlik van katalogusinskrywings van boeke in Australiese biblioteke sommige volledig aanlyn beskikbaar, akademiese en ander tydskrifte, volle tekste of gedigitaliseerde koerantargiewe, regeringskoerante en geargiveerde webtuistes. Dit bied toegang tot gedigitaliseerde fotos, kaarte, inligting oor mense en organisasies, geargiveerde dagboeke en briewe en ander digitale inhoud. Nog inhoud wat deursoek kan word, is musiek, videos en klankgrepe, asook transkripsies van radioprogramme.

Benewens gedigitaliseerde koerante, word geen inligting deur Trove self geberg nie; dit indekseer, formateer en bestuur bloot die versameling metadata van sy vennote.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →