Back

ⓘ Landbou-ekonomie



                                     

ⓘ Landbou-ekonomie

Landbou-ekonomie is n sosiale wetenskap wat oorspronklik die beginsels van ekonomie toegepas het op die produksie van gewasse en veeboerdery. Landbou-ekonomie het spesifiek gehandel oor grondgebruik. Die fokus was om die opbrengste van gewasse te optimaliseer. Gedurende die 20ste eeu het die wetenskap uitgebrei om n baie breer veld te dek. Hedendaagse landbou-ekonomie het n wye veld van gespesialiseerde areas waarvan baie met ekonomie, finasies en statistiek oorvleuel.

Ekonomie word in die bree gedefinieer as die wetenskap van hulpbrontoewysing Landbou-ekonomie kan gedefinieer word as die wetenskap van natuurlike hulpbrontoewysing. Alternatiewelik, die toepassing van ekonomiese beginsels vir optimalisering van boere se produksiebesluite. Die ontwikkeling van die wetenskap word in n groot mate aan Theodore W. Schultz gekrediteer.

Velde van konsentrasie:

  • Ekonomiese ontwikkeling in Afrika
  • Gemeenskapsontwikkeling
  • Voedselsekuriteit
  • Voeding
  • Agribesigheid
  • Landbouvoorligting
  • Verbruikersbesteding
  • Bosbou-ekonomie
  • Bemarking van landbouprodukte
  • Landelike sosiologie
  • Mark- en kompetisie-analise
  • Produksie-ekonomie
  • Natuurlike hulpbronekonomie
  • Landboufinansiering
  • Arbeidsekonomie
  • Internasionale ontwikkeling
  • Strategiese landbou-ekonomie
  • Internasionale handel
  • Landelike ontwikkeling
  • Industriele organisasie
  • Agribesigheidsbestuur
  • Landboubeleid Plaaslik, Nasionaal en Internasionaal
  • Omgewingsekonomie
  • Risiko en onsekerheid
  • Ekonometrie

Landbou-ekonomie neig om mikro-ekonomie gerig te wees om spesifieke oplossings te soek.

                                     

1. Sien ook

Belangrike Suid-Afrikaanse publikasies

  • Farmers Weekly
  • Landbouweekblad
  • Agrekon

Akademiese en proffesionele organisasies

  • European Assosiation of Agricultural Economists
  • International Farm Management Association
  • American Agricultural Economics Assosiation

Digitale Biblioteek

  • AgEcon Search: Research in Agricultural and Applied Economics
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →