Back

ⓘ Aankope



                                     

ⓘ Aankope

Die Aankoopfunksie van n onderneming is verantwoordelik vir voorraadbestuur, aankoop van voorraad en grondstowwe, skakeling met verskaffers en om op hoogte te bly met nuwe produkvrystellings en vervaardigingstendense. Dit behels ál die aktiwiteite wat betrekking het tot die verkryging van die middele wat n onderneming nodig het om sy aktiwiteite uit te voer en n wins te maak, byvoorbeeld die aankoop van grondstowwe, masjiene, voertuie, toerusting en voorraad.

                                     

1. Rol van aankope in n onderneming

Die aankoopafdeling speel n belangrike rol in die winsgewendheid van n onderneming, aangesien elke onderneming produkte en dienste nodig het. Die aankoopafdeling is verantwoordelik voor:

  • Aankope op die regte tyd
  • Die bestelling van die korrekte hoeveelheid produkte.
  • Aankope teen die regte prys
  • Versekering van maksimum wins
  • Aankope by die beste verskaffer
  • Die aankoop van die regte gehalte produkte.
  • Aflewering op die korrekte plek

Die aankoopfunksie is belangrik omdat n onderneming verskillende produkte nodig het om te funksioneer en sy spesifieke doelwit wins te bereik. n Onderneming het ook dienste nodig wat deur buite-instansies verskaf word om aktiwiteite binne die omgewing te vergemaklik, byvoorbeeld elektrisiteit, regsdienste, vervoer, berging en kommunikasiedienste.

                                     

2.1. Dokumentasie betrokke by die aankoopfunksie Aankoopversoek of aankooprekwisisie

Die aankooprekwisisie in n vorm wat deur die hoof van die produksie-, verkoop- of bergingsafdeling voltooi en dan na die aankoopafdeling gestuur word sodat die voorraad bestel kan word. Die aankoopversoekvorm word voltooi en aan die aankoopbestuurder gegee. Die volgende inligting moet op die vorm aangebring word:

  • Die verwysingsnommer en/of beskrywing van die items
  • Magtiging van versoek
  • Hoeveelhede van elke item
  • Handtekening van n gemagtigde persoon
  • Die naam van die departement of afdeling wat die versoek rig
  • Die datum waarop die versoek uitgevoer moet word
  • Die datum waarop die items versoek word
                                     

2.2. Dokumentasie betrokke by die aankoopfunksie Navrae

Die aankoopafdeling kan skriftelike of telefoonnavrae doen en verskaffers versoek om die volgende te verskaf:

  • Katalogusse
  • Advertensies
  • Monsters
  • Kwotasies
  • Pryslyste

Die volgende bronne kan geraadpleeg word:

  • Inligting kan op die Internet verkry word
  • Sakekennise en plaaslike kamers van koophandel kan genader word
  • Tegniese tydskrifte
  • Handelstydskrifte
  • Handelsindekse, soos die geelbladsye
  • Sommige fabrieke/verskaffers stuur na ondernemings om navrae te beantwoord, deur middel van byvoorbeeld fabrieksverteenwoordigers
                                     

2.3. Dokumentasie betrokke by die aankoopfunksie Tenders

n Tender is n verskaffer se skriftelike aanbod om sekere goedere en/of dienste te lewer. n Tender volg op n advertensie. Persone of instellings wat belangstel om die betrokke goedere en/of dienste te verskaf, maak n skriftelike aanbod en gee n vaste prys. Ná die sluitingsdatum word die tenders se pryse vergelyk. Die tender wat die voordeligste vir die onderneming is, nie noodwendig die goedkoopste tender nie, word aanvaar. n Tender is n bindende dokument. Dit beteken dat wanneer n verskaffer n tender ingedien het, hy verplig is om die goedere en dienste teen die prys wat aangedui is te lewer.

                                     

3. Belangrike faktore by aankope

Verskeie aktiwiteite moet deur die aankoopdepartement uitgevoer word om goedere en dienste vir die onderneming by betroubare verskaffers te verkry. Vyf faktore speel n belangrike rol in die verkryging van goedere.

                                     

3.1. Belangrike faktore by aankope Keuse van die korrekte verskaffer

Die onderneming soek produkte en dienste van die regte gehalte, teen die regte prys, op die regte plek, en op die regte tyd.

                                     

3.2. Belangrike faktore by aankope Aankoop van die korrekte hoeveelhede

Die belangrikste aspek van die aankoopfunksie is om te verseker dat die produksiedepartement altyd voldoenede voorraad grondstowwe het en dat daar genoeg voorraad is om in die behoeftes van klante te voorsien.

                                     

3.3. Belangrike faktore by aankope Aankoop van goedere en dienste teen die korrekte prys

n Onderneming se winsgewendheid word deur elke aankoop beïnvloed. Daarom is dit belangrik dat grondstowwe, goedere, en dienste teen redelike pryse gekoop word.

Faktore wat pryse beïnvloed:

  • Dienste soos vervoer en aflewering wat deur verskaffers gelewer word
  • Hoeveelheid verlang
  • Beskikbaarheid van die produk of diens
  • Raklewe en bederfbaarheid van spesifieke items
  • Gehalte vereis
                                     

3.4. Belangrike faktore by aankope Aankoop op die regte tyd

Die regte tyd vir aankope word bepaal deur die tipe mark waarin die aankope plaasvind, soos byvoorbeeld volmaakte markte, monopoliee, en onvolmaakte markte, asook die tipe materiaal wat benodig word.

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →