Back

ⓘ Zoeloe



Zoeloe
                                     

ⓘ Zoeloe

Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.

Zoeloe is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11.6 miljoen mense as moedertaal gepraat. Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15.7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste hoeveelheid van die Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nou verwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal gesien word.

Die taal was oorspronklik slegs n spreektaal gewees soos baie ander inheemse tale van Afrika. Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en n grammatika ontwikkel het vir n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit ook moeilik om geskrewe geskiedenis te vind.

                                     

1. Eksterne skakels

  • Zoeloe-Engels/Engels-Zoeloe Woordeboek

Taalhulpmiddels

  • Vry en gratis Zoeloe speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird

Sagteware in Zoeloe

  • Mozilla Thunderbird - e-posprogram
  • Pootle - aanlyn vertaling van Zoeloe oopbronsagteware
  • OpenOffice.org - kantoorsuite
  • Translate.org.za - n Projek om vrye en oopbronsagteware in Zoeloe en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
  • Mozilla Firefox - webblaaier
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →