Back

ⓘ Besparing



                                     

ⓘ Besparing

Besparing of besuiniging is die vermindering van uitgawes. Die regering, maatskappye, huishoudings en indiwidue kan bespaar op hulle uitgawes.

In politiek is dit n maatreel wat politici kan instel indien daar n te groot skuld of n te groot begrotingstekort sou wees. Besuiniging lei deels tot besparings. Ministeries besuinig oor die algemeen wanneer uitgawes dreig om die inkomste te oortref. Die kredietkrisis het wêreldwyd gelei tot grootskaalse besuinigings.

Besparing het egter ook n nadeel. Indien die regering besuinig het burgers en maatskappye ook minder inkomste en sal hulle dus ook uitgawes moet sny. Hierdeur verlaag besteding en ekonomiese groei word vertraag. Daarby bestaan ​​die risiko dat die regering of instansies besuinig op uitgawes wat agterna nuttig blyk te gewees het, waardeur ons dan die nadeel sal ervaar. Dink bv. aan die ontslag van n duur maar baie produktiewe bestuurder van n onderneming. Die onderneming spaar dadelik koste, maar beleef na n rukkie dat sy omset in duie stort. Sou die regering besluit om bv. nie n gevangenis te bou nie, sal korrektiewe dienste dalk na n paar jaar met n seltekort sit. En wanneer mense nie meer op hul vakliteratuur inteken nie, bestaan ​​die kans dat daar n agterstand in die kennis van die ontwikkeling in die beroep of die bedryf ondervind sal word.

                                     

1.1. Voorbeelde van besparings Vir die regering

  • Besnoeiing op werksvoordele;
  • Minder of geen nuwe personeel aanneem bevriesing van vakature;
  • Besnoeiing of afskaf van subsidies;
  • Die aflas of uitstel van groot projekte, veral projekte met n verbruikerskarakter ;
  • Besnoeiing op werkloosheidsvergoeding deur die plafon of die duur te beperk, of die voorwaardes vir hertoetrede strenger te maak;
  • Die ontslag van personeel.
                                     

1.2. Voorbeelde van besparings Vir ondernemers

  • Die vermindering of verwydering van onnodige uitgawes ;
  • Die ontslag van personeel;
  • Die opskort van, of beperking op, bonusse en salarisverhogings;
  • In uiterste gevalle, teen streng voorwaardes, is selfs salarisverlagings moontlik.
  • Besnoeiing op werksvoordele;
  • Minder of geen nuwe personeel aanneem bevriesing van poste;
  • Lenings met hoer rentekoerse vinniger aflos;
                                     

1.3. Voorbeelde van besparings Vir huishoudings

  • Lenings met hoer rentekoerse vinniger aflos.
  • Minder met vakansie gaan.
  • Die vermindering van verbruik.
  • Meer moeite doen om die voordeligste verskaffer vir n produk te vind.
  • Meer gebruik van afslag, aanbiedinge en uitverkopings.
  • Skuif na n goedkoper woning. Wanneer mens n aangekoopte woning verkoop en verhuis na n huurwoning is daar egter geen sprake van n besparing nie, slegs likwidasie van vermoe.
                                     

1.4. Voorbeelde van besparings Vir indiwidue

  • Op vakansie en daguitstappies: eet- en drinkgoed by n supermark koop, in plaas van by die gasvryheidsbedryf.
  • Die motor verkoop en gebruik maak van openbare vervoer.
  • Lees op die internet en gebruik van die biblioteek, in plaas van koerant- of tydskrifintekening, en die koop van boeke.
  • Met vakansies, in plaas van na n ver bestemming reis, nader aan die huis bly, of gaan uitkamp in plaas van na n hotel of woonstel, of daguitstappies onderneem in plaas van iewers oornag.
  • Minder weggee aan liefdadigheid, familie en vriende, bedelaars; minder fooitjies gee.
  • Skik vir n goedkoper produk
Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →